AFK1501 - Afrikaans Today (Literature). AFK_1501_taak_2.
AFK1501 - Afrikaans Today (Literature). An important feature of literary texts which distinguishes them from other kinds of persuasive discourse is the fact that they operate not through direct statement and explicit revelation of their 2 contents but instead through indirect allusion, understatement, implication, and even concealment. Literary texts in effect often veil the 'truth' which they seek to convey in an attempt at enhancing its attractiveness and endowing it with a sense of mystery and transcendental value.” Haal een sinsnede uit die gedig aan wat daarop dat antie Doris se “storie” hier vertel word. “het sy heeldag huis skoongemaak, wasgoed gewas en kos gekook sy was 'n huisvrou” (r. 4 en 5) Sou jy die “storie” interpreteer as nie die “waarheid” nie? Motiveer jou antwoord. Lesers wat self slagoffers van simboliese geweld en genderstereopering is, sal hierdie as ‘n ware verhaal lees, omdat hulle op persoonlike vlak reeds sal verstaan hoe Antie Doris moes voel om tot moord oor te gaan. Iemand wat nie ‘n slagoffer is van simboliese geweld nie, of wat dit nog nooit sien plaasvind het dat ‘n vrou onderdruk en voorgeskryf word nie, kan weer die gedig interpreteer as ‘n boodskap van die tragiese gevolge waartoe simboliese geweld kan lei. Watter belangrike insident word glad nie direk aan die leser vertel nie, maar slegs deur versreël 9 - 12 geïmpliseer? Wat lei jy uit die mededeling “drie bodybags ... een grote en twee kleintjies” af? Gee ʼn verduideliking. Die feit dat antie Doris haar man en twee kinders vermoor het, word nie direk genoem nie, maar die idee van moord word tog oorgedra deur die beeld van die “polisievan en twee lykshuisbussies”, asook die “drie bodybags”. Wanneer die digter dan later noem dat antie Doris geboei word, is dit duidelik dat sy die moorde gepleeg het. Die frase: “drie bodybags ... een grote en twee kleintjies” dui daarop dat daar mense dood is, en dat dit een volwassene (“een grote”) en twee kinders (“twee kleintjies”) is. As ‘n mens dan die konteks van simboliese geweld in ag neem, is dit duidelik dat hierdie vrou breekpunt bereik het, en toe die ondenkbare daad van moord gepleeg het. Waarom sou antie Doris dan vir die “eerste keer in jare” ʼn blomrok aangehad het as sy “gehandcuff” is? Maak dit vir jou sin? Wat beteken dit dan om “gehandcuff” te wees? Verduidelik. Om “gehandcuff” te wees, beteken dat sy geboei word en in hegtenis geneem word. Ironies genoeg, dink ek dat die boeie vir Antie Doris eerder vryheid simboliseer. 3 Antie Doris se uniform as huisvrou het bestaan uit “’n pienk check overall” en “groen rollers in haar hare”. Dit was simbolies van haar onderdrukking en hoe ongewaardeerd sy gevoel het. Wanneer sy later in die gedig skielik mooi aantrek, is haar blomrok en krulhare simbolies van haar gevoel van bevryding van haar man se onderdrukking, al haar huistake en al die verantwoordelikheid wat sy dra as moeder en vrou. Sy kon nou elke taak uitrig tot sy self tevrede voel daarmee, want daar was niemand wat haar kon verneder of slegsê nie. Die blomrok is simbolies van haar gevoelens: sy voel helder en gelukkig soos die rok. Sy voel ook moontlik verlig van die verantwoordelikheid om haar kinders te beskerm teen die slegte dinge van die lewe. Sy voel moontlik dat sy hulle swaarkry gespaar het deur hulle te vermoor. Al gaan sy nou tronk toe, voel sy nie meer gevange nie, sy ervaar nou vrede en geluk, want volgens haar is sy (en haar kinders) nou vry. 4 Vraag 1.2: Gaan lees die verhaal “Agter die groen deur” van Helena Gunter .Uit die verhaal van Klimmeidjie, soos deur die ek-verteller uit ʼn agternaperspektief vertel word, blyk dit dat ʼn dubbele onreg teenoor Klimmeidjie gepleeg is. Die eerste onreg het plaasgevind voor, tydens en ná haar geboorte. Die tweede onreg het plaasgevind toe sy ʼn jong, opgeskote kind was. Verduidelik wat hiermee bedoel word deur bepaalde insidente in chronologiese volgorde in opstelvorm neer te skryf. Hierdie verhaal ontvou as ‘n raamvertelling: Elizabeth (Betta), die ek-verteller, het op die plaas Melkhoutfontein by haar ouers gewoon, en die verhaal begin waar Elizabeth dertig jaar later weer terug na die plaas toe gaan en kyk na al die plekke wat vir haar bekend was as kind. Sy reflekteer op al die gebeure wat daar plaasgevind het, en so leer die leser die karakter, Klimmeidjie, ken. Betta (die verteller) se Oupa en Ouma se huwelik was nie gelukkig nie. Ouma het met Oupa getrou vir die plaas en geld, en Oupa wou nooit in sy hart ‘n boer wees nie, maar eerder ‘n violis. Oupa het toe ‘n verhouding met die huishulp (Kaatjie) gehad en sy het swanger geraak. Na die geboorte van die babatjie, het Kaatjie probeer om haar baba te verdrink in ‘n toegetrekte streepsak in die gronddam. Ouma het toevallig daardie nag wakkergeword, iets by die water gehoor, en die babatjie gered. Klimmeidjie se ma is weggejaag van die plaas af toe Ouma uitgevind het dat Klimmeidjie Oupa se kind is. Hierna het die babatjie bekendgestaan as bloot Klimmeidjie, en is sy nooit ‘n regte naam gegee nie. Klimmeidjie het by Ouma Elizabeth en Oupa Niklaas op die plaas gebly en grootgeword, maar asof dit nie genoeg was dat sy amper as baba verdrink is en nie haar regte ma in haar lewe kon hê nie, moes sy op die buitestoep bly. ( Daar was in die apartheidsjare geglo dat blankes en nie-blankes nie in dieselfde huise kon bly en dieselfde geriewe mag gebruik nie. Wit mense is in daardie tyd die ‘baas, nooi en ounooi’ genoem. )
Geschreven voor
- Instelling
- University of South Africa
- Vak
- AFK1501 - Afrikaans Today (AFK1501)
Documentinformatie
- Geüpload op
- 18 oktober 2021
- Aantal pagina's
- 17
- Geschreven in
- 2021/2022
- Type
- Tentamen (uitwerkingen)
- Bevat
- Vragen en antwoorden
Onderwerpen
-
afk1501
-
afk1501 afrikaans today literature
-
afrikaans today literature