AFK1501 - Afrikaans Today (Literature) Werkopdrag 2 Semester 2 2021.
AFK1501 - Afrikaans Today (Literature) Werkopdrag 2 Semester 2 2021. Die kodes van Wederkoms: Taalkode: Afrikaans met vermenging van Engelse woorde “campers”, “curtsy”, “catsuit”, “vanity case”, “fire-resistant” Genrekode: Gedig Periode- of sosiokode: In die 1960's. ‘n Tydperk waarin daar Christelike onverdraagsaamheid was teenoor fopdossers. Skrywer se eie kode: Die gebruik van Afrikaans en Engels. Ook die gebrek aan hoofletters by elke ry, behalwe die word “Here” en “Hom” wat aandui dat hy respek het vir die Here en die manier waarop hy lewe of mense se siening oor sy lewe nie sy geloof sal verander of beїnvloed nie. 1.2 Simboliese geweld in “die huisvrou” In die gedig “die huisvrou” kom simboliese geweld voor. Die defenisie van simboliese geweld is ‘n subtiele vorm van geweld wat nie uitwendige of letterlike tekens of letsels laat nie byvoorbeeld, intimidasie, dominasie en manipulasie. Soos in die gedig, is daar geen aanduidings wat mens aanleiding gee tot ‘n bepaalde optrede nie en dit is presies wat simboliese geweld weerspieël. Mieke Smit AFK1501 Werksopdrag 2 bl. 3 Die gedig handel defnetief oor simboliese geweld en dit kan afgelei word in die gedig. Sy was ‘n “tipiese tannie” wat ter alle tye haar man en kinders moes versorg, goed moes lyk en haar “huisvrou” take verpligtend elke dag verrig, ten spite van haar omstandighede. Die reaksie wat op die simboliese geweld uitgebeeld word in die gedig is dat sy vir die eerste keer vry is van elke dag se “huisvrou” wees. Dié vryheid wys in die “blomrok” en “hare wat in lang los krulle oor haar skouers hang”. Die betekenis van antie Doris se voorkoms en kleredrag aan die begin van die gedig as ‘n “huisvrou” en aan die einde van die gedig toe sy uiteindelik vry is van “huisvrou” wees verskil baie. Die “pienk check overall en groen rollers in haar hare” verwys na haar daaglikse roetine en die verpligtende take wat sy moet verig, sy was vas gevang in dieselfde dinge te doen elke dag. Die “blomrok… met haar hare wat in lang los krulle oor haar skouers hang” verwys na die vryheid wat sy voel noudat sy nie meer daardie verpligtende roetine moet hê om haar man en kinders gelukkig te hou nie. Antie Doris het nogsteeds in die reën huishoudelike take verrig in haar uitgaanklere want sy het geweet dis die laaste keer wat sy die huishoudelike take gaan verrig en dat sy verjeug is dat sy verlos is van huishoudelike en simboliese geweld deur haar man en kinders se verwagtinge. Mieke Smit AFK1501 Werksopdrag 2 bl. 4 Ek dink nie antie Doris is finaal vry van simboliese geweld nie, want na my meening lei ek af sy het die moorde gepleeg en sy gaan tronk toe vir dit en in die tronk vind weer ander tipiese simboliese geweld plaas. Woorde: (349) 1.3 Verhaalgebeure van “Agter die groen deur” (Gunter, 2007) in chronologiese volgorde: Ouma se huishulp, Kaatjie se kind, Klimmeidjie word gebore. Kaatjie, laat sak ‘n toegetrekte streepsak met Klimmeidjie in die water. Ouma duik in om Klimmeidjie te red. “Ouma het gehardloop en haar uit die dam uitgeduik.” Betta se ouers het vir Klimmeidjie gaan haal om ‘n speelmaatjie vir Betta te wees. “Die dag toe ons vir Klimmeidjie gaan haal…” en “’n Speelmaat vir Bettatjie” Ouma vat vir Klimmeidjie dorp toe. Mense in die dorp begin stories vertel van Klimmeidjie. Klimmeidjie raak swanger net na haar vyftiende verjaarsdag. Klimmeidjie se baba dogtertjie word gebore. “Mies, Klimmeidjie se tyd is hier!” Binne die twee weke na Klimmeidjie en haar baba terug is op Melkhoutfontein is Oupa Niklaas oorlede, Ouma het by Betta en Mieke Smit AFK1501 Werksopdrag 2 bl. 5 haar familie gaan bly en Oom Boet is weg gestuur. “Oupa Niklaas is dood. Ouma wat by ons op Melkhoutfontein kom bly. Oom Boet, my se broer, wat na ‘n veiligheidsplek toe gestuur is.” Klimmeidjie se baba is oorlede. Die polisie het vir Klimmeidjie kom haal, sy is as verdagte aangekla vir haar dogtertjie se dood. “Moord is moord, meneer Odendaal, moord is moord!” Ouma sit en huil oor Klimmeidjie. Klimmeidjie en Betta se ma en pa kom terug van die polisiestasie. Betta en Klimmeidjie speel blikaspaai nog daardie middag. “Ma en Pa het hul belofte gehou; dieselfde dag was Klimmeidjie weer terug op Melkhoutfontein. Dié middag het ons nog blikaspaai gespeel.” Klimmeidjie is onskuldig bevind vir die dood van haar dogter. Betta gaan terug plaas toe en dink terug aan al die gebeure, “vir iemand wat ná dertig jaar weer terug is op die plaas waar jy grootgeword het.” Betta gaan terug na haar motor toe en verlaat Melkhoutfontein. “By my motor kyk en terug na die plaashuis toe.” Mieke Smit AFK1501 Werksopdrag 2 bl. 6 VRAAG 2 2.1 Die betekenis van buitelandse vriende in die kortverhaal “Uncle Charlie’s” deur voorbeelde uit die teks wat poltieke en ekonomiese omstandighede van Suid-Afrika gedurende die 1980’s uit te haal, is: Ekonomiese omstandighede Uncle Charlie’s was ‘n plek waar mense in die 1980’s bymekaar gekom het, dit was ‘n padkafee en garage. Nou na al die jare wat die seun terug gaan na Uncle Charlie’s is dit ‘n sameleging van snelweë. (Snyman, 2006:15) “Die hoofpaaie uit die suide, ooste en weste het daar bymekaar gekom...” Die Rand se paasskou was daardie jare in die middestad van Braamfontein gehou en nou is die middestad toe gebou. “Die skouterrein was toe nog naby die Johannesburgse middestad, in Braamfontein” (Snyman, 2006:18) Politieke omstandighede Miesies en Oubaas was ‘n aanspreekvorm vir volwasse blankes deur die swart bevolking in die apartheidsjare. “Ek sê: Bring asseblief vir die oubaas ‘n nat lappie.” (Snyman, 2006: 19) Mieke Smit AFK1501 Werksopdrag 2 bl. 7 2.2 Verwysings uit die teks wat daarop dui dat die verteller en sy familie van die platteland afkomstig is: “…vir ons rou plattelanders was dit min of meer die einde van die bekende wêreld.” (Snyman, 2006:15) “… en die vorige jaar het Oupa een en dertig skape weens die droogte verloor.” (Snyman, 2006:17) “Pa en Oupa was veldmense.” (Snyman, 2006:16)
Written for
- Institution
- University of South Africa
- Course
- AFK1501 - Afrikaans Today (AFK1501)
Document information
- Uploaded on
- October 18, 2021
- Number of pages
- 20
- Written in
- 2021/2022
- Type
- Exam (elaborations)
- Contains
- Questions & answers
Subjects
-
afk1501
-
afk1501 afrikaans today literature
-
afrikaans today literature