AKF2601 ASSIGNMENT
MARQUERETTE BEZUIDENHOUT: 61000671 AFK2601 UNIEKE NOMMER: 729973
INHOUDSOPGAWE
Leereenheid 1
Vraag 1.1
Vraag 1.2
Vraag 1.3
Leereenheid 2:
Vraag 2.1
Vraag 2.2
Vraag 2.3
Leereenheid 3
Page | 2
Downloaded by moh miss ()
, lOMoARcPSD|14795204
MARQUERETTE BEZUIDENHOUT: 61000671 AFK2601 UNIEKE NOMMER: 729973
LEEREENHEID 1
Vraag 1.1
Lees op oor die volgende subgenres van die populêre fiksie en verskaf ’n kort
definisie van elkeen. (Vermeld die bronne wat jy gebruik het om hierdie definisies te
vind!) Gee ook een voorbeeld van ’n Afrikaanse boek uit elke genre.
1.1.1) Speurverhaal (2)
1.1.2) Romanse (2)
1.1.3) Historiese fiksie (2)
[6]
1.1.1 Speurverhaal:
‘n Speurverhaal word gedefinieer as ‘n verhaal waarin die spanning bereik word omdat die
leser(s) saam met die speurder raaisels soos moorde en misdade oplos soos wat die leser
die verhaal lees.
(Odendal and Gouws, 2010: 1077)
‘n Voorbeeld van ‘n Afrikaanse speurverhaal is Onrus oor Casa Cuna geskryf deur
Derick Jacobs
1.1.2 Romanse:
In die HAT word die woord “Romanse” gedefinieer as die volgende:
1. (Idilliese, vurige) liefdesverhouding
2. ‘n Ou volkslied geskryf in eenvoudige taal wat handel oor ‘n roerende gebeurtenis.
3. Liefdeslied- lied oor die aandoenlike onderwerp.
Ek kan dus die afleiding maak dat die romanse genre gesien kan word as literatuur wat
handel oor ‘n liefdesverhouding, of ‘n liefdesverhaal.
‘n Voorbeeld van ‘n Afrikaanse Romanse is Lenteliefde deur Alma Carstens.
(Odendal and Gouws, 2010: 945)
1.1.3 Historiese fiksie:
HAT definieer “historiese” iets wat betrekking het of in verband is met die geskiedenis.
(Odendal and Gouws, 2010: 406)
“Fiksie” word as ‘n denkbeeldige voorstelling gedefinieer deur die HAT.
(Odendal and Gouws, 2010: 234)
Ek maak dus die afleiding dat historiese fiksie gedefinieer kan word as ‘n denkbeeldige
voorstelling met betrekking tot geskiedkunidge gebeurtenisse.
‘n Voorbeeld van ‘n Historiese fiksie boek in die Afrikaanse literatuur is Pelgrimshoop
geskryf deur Ronel Nel.
Page | 3
Downloaded by moh miss ()