12_Besigheidstudies /
Bedryfswetenskap Notaboek
[Opsomming]
Contact:
@ TestbanksNotesAssignmentsAndExamspack
sGuru
+254742508812, +254727097655.
,BESIGHEIDSTUDIES GRAAD 10-12
Departement van Basiese Onderwys
Strubenstraat 222
Privaatsak X895
Pretoria 0001
Suid-Afrika
Tel: +27 12 357 3000
Faks: +27 12 323 0601
Pleinstraat 120 Privaatsak X9023
Kaapstad 8000
Suid-Afrika
Tel: +27 21 465 1701
Faks: +27 21 461 8110
Webtuiste: http://www.education.gov.za
© 2011 Departement van Basiese Onderwys
ISBN: 978-1-4315-0604-0
Ontwerp en uitleg deur: Ndabase Printing Solution
Gedruk deur: Staatsdrukkery
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
, BESIGHEIDSTUDIES GRAAD 10-12
VOORWOORD VAN DIE MINISTER
Die nasionale kurrikulum is die hoogtepunt van ons poging oor ֹ’n tydperk van 17
jaar om die apartheidskurrikulum wat ons geërf het, te hervorm. Sedert die aanvang
van demokrasie het ons gepoog om die kurrikum op die waardes deur die Grondwet
(Wet No. 108 van 1998) geΪnspireer, te skoei. Die Aanhef van die Grondwet verklaar
die doelstellings van die Grondwet soos volg:
• Die verdeeldheid van die verlede te heel en ’n samelewing gegrond op
demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte te
skep;
• Die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke
mens te onsluit;
• Die grondslag te lê vir ’n demokratiese en oop samelewing waarin regering
gebaseer is op die wil van die bevolking en elke burger gelyk deur die reg
beskerm word; en
• ’n Verenigde demokratiese Suid-Afrika te bou wat sy regmatige plek as soewereine staat in die gemeenskap
van nasies inneem.
Onderwys en die kurrikulum het ’n belangrike rol om in die verwesenliking van hierdie doelstellings te vervul.
Uitkomsgebaseerde onderwys, wat in 1997 ingestel is, was ’n poging om die verdeeldheid van die verlede te heel,
maar die ondervinding van implementering het as aansporing vir ’n kurrikulumvernuwing in 2000 gedien. Dit het
tot die eerste kurrikulumvernuwing, naamlik die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring (2002) en die Nasionale
Kurrikulumverklaring Graad 10-12 (2002), gelei.
Deurlopende implementeringsuitdagings het tot ‘n volgende kurrikulumvernuwing in 2009 gelei, naamlik die
hersiening van die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring (2002) en die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad
10-12 (2002) wat tot die ontwikkeling van hierdie dokument gelei het.
Sedert 2012 is die twee onderskeie nasionale kurrikulumverklarings, naamlik diè vir Graad R-9 en Graad 10-12
in ’n enkele dokument, wat voortaan slegs as die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12, bekend sal staan,
gealmalgameer. Hoewel die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 sy vertrekpunt in die vorige kurrikulum
vind, het daar wel vernuwing ingetree wat ten doel het om groter duidelikheid oor dit wat op ’n kwartaal-tot-kwartaal-
grondslag onderrig en geleer moet word, te verskaf.
Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 is ’n beleidsverklaring met betrekking tot onderrig en leer in Suid-
Afrikaanse skole en is in die volgende dokumente vervat:
(a) Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklarings vir alle vakke in hierdie dokument opgeneem;
(b) Nasionale beleid met betrekking tot die program-en bevorderingsvereistes van die Nasionale
Kurrikulumverklaring Graad R-12; en
(c) Nasionale Protokol vir Assessering Graad R-12.
MEV ANGIE MOTSHEKGA, LP
MINISTER VAN BASIESE ONDERWYS
KABV
, BESIGHEIDSTUDIES GRAAD 10-12
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)